Wat Anton Alberts Gauteng bied

 

Red Gauteng Premierskandidaat Wat Anton Alberts Gauteng bied

Adv. Anton Alberts, parlementslid en voorsitter van die VF Plus, is aangewys as dié party se premierskandidaat vir Gauteng.

Adv. Alberts is ʼn deurwinterde politikus met uitgebreide internasionale en plaaslike juridiese ervaring wat oor tien jaar as parlementslid vir die VF Plus by herhaling gewys het hy dra die gemeenskap se belange op die hart, ongeag hul partybelang.

Hy was onder meer hoof van regsaangeleenthede by M-Net en het dieselfde pos beklee by verskeie Kanadese firmas. (Volledige profiel en parlementêre prestasielys aangeheg).

Vir duisende Transnet-pensioenarisse het adv. Alberts se naam feitlik huishoudelik geword.  Nie net het hy die huidige groepsgeding namens Transnet-pensioenarisse teen die staat geïnisieer nie, maar hy deel daagliks die lief en leed van meer as 40 000 van dié pensioenarisse wat grootliks na hom opsien vir leiding in die saak.

Red Gauteng Die VF Plus se 10 punt plan 2

Adv. Albert was ook instrumenteel om verligting vir verarmde en sukkelende Transnet-pensioenarisse te bring in die vorm van bonusse wat hy beding het.

Hy het ook die leidende rol gespeel om die nasionale verbruikerskommissie se ondersoek na misbruike in die punte-stelsel van die vakansieklub-bedryf in Suid-Afrika te inisieer. Dié ondersoek is tans in ʼn gevorderde stadium.

In 2007 het adv. Alberts ʼn raadslid vir die VF Plus in Johannesburg geword en in 2009 is hy aangewys as parlementslid. Van 2007 tot 2014 was hy die VF Plus se adjunk-leier in Gauteng en van 2014 tot 2017 die party se leier in dié provinsie. In November 2016 is hy verkies tot federale voorsitter van die VF Plus, ʼn posisie wat hy steeds beklee.

Adv. Albert is tans besig is met sy doktorale studies in die regte by die Universiteit van Kaapstad. Hy is getroud met Marga Alberts en woon in Equestria, Pretoria.

Suksesse van Anton Alberts:

Adv. Alberts het onder andere reeds die volgende suksesse bereik:

  1. Inisieer die stryd teen Transnet namens duisende pensioenarisse;
  2. Deel van die stryd teen die e-tolstelsel;
  3. Inisieer die suksesvolle ondersoek na misbruike van puntestelsel vakansieklubs;
  4. Verseker dat die DBV befondsing ontvang van die Loteryfonds;
  5. Verseker ‘n wetswysiging wat vereis dat ekonomiese impakstudies aan die publiek beskikbaar gestel word voordat tolpaaie geskep mag word.

Pin It on Pinterest

Share This