Die VF Plus vind die nuwe regulasies van die Gautengse onderwysdepartement wat bepaal waar leerlinge aanstaande jaar geplaas kan word, totaal onaanvaarbaar. Kiesers kan op 8 Mei by die stembus help om vir

Die nuwe regulasies vir die inskrywing van leerders vir aanstaande jaar wat reeds op 13 Mei open, stel taal glad nie meer as ʼn vereiste oor waar kinders ingeskryf mag word nie.

Vereistes wat nou voorrang geniet, is onder meer die skool naaste aan die leerders en of familielede van nuwe leerders reeds in die skool is, en so meer.

“Ons kan vir eens ontslae raak van Panyaza Lesufi se stryd teen Afrikaans”

“Taal is nie meer ter sprake nie, en die voorskrifte is volgens die VF Plus ongrondwetlik aangesien dit enkelmediumskole duidelik sal dwing om leerders van ander tale te akkommodeer. Die geldigheid van hierdie regulasies sal in ʼn hof getoets moet word aangesien dit geen ruimte laat vir enkelmedium-moedertaal-onderrig nie,” sê adv Anton Alberts, VF Plus-premierskandidaat en partyvoorsitter.

“Kiesers in die Gauteng kan op 8 Mei saam met die VF Plus daadwerklik terugslaan teen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi en die ANC se minagting vir Afrikaans deur die ANC as regering te verwyder en Lesufi sodoende af te dank as LUR in dié provinsie,

“Ons kan vir eens ontslae raak van Panyaza Lesufi, as Gautengse LUR vir onderwys en sy stryd teen Afrikaans.

“Die VF Plus onderneem om die portefeulje van onderwys op te eis indien hy verkies sou word as deel van ʼn koalisieregering in Gauteng en dat die party sal toesien dat meer skole gebou word waar infrastruktuur nodig is en om bestaande enkelsmediumskole voldoende te beskerm,” sê Alberts.

Anton Alberts Suksesse Red Gauteng landing page Vryheidsfront Plus Slaan Terug g 4

Pin It on Pinterest

Share This