Die ANC kan in Gauteng ontroon word

Daar is hoop! Peilings wys die ANC lê tans onder 50% steun in Gauteng. Die VF Plus kan die koningmakers wees vir ‘n stabiele koalisieregering.

Die VF Plus sal ‘n vryemark georienteerde opposisiekoalisie daarstel waar mense aangestel word op grond van meriete en nie ras nie, waar ekonomiese groei plaasvind en waar gelyke regte vir almal geld.

Tans regeer die VF Plus saam met ander partye in munisipaliteite, soos Tshwane en Johannesburg.

  1. Die VF Plus is tans die derde grootste opposisieparty in Gauteng.
  1. Die party kan met die hulp van minderhede sterk mededingend met EFF wees as naasgrootste opposisieparty.
  1. Soos in Pretoria en Johannesburg sal die VF Plus ‘n wesenlike rol speel in die vorming van ‘n opposisie-geleide koalisieregering in Gauteng. Navorsing wys dit moontlik dat die ANC se steun tot onder 50% kan val wat ʼn regeringsverandering moontlik maak.
  1. Gauteng is die ekonomiese enjinkamer van Suid-Afrika en daarom is dit belangrik dat die provinsie deur ‘n verantwoordelike regering bestuur word. Die VF Plus het hom bewys as ‘n bringer van stabiliteit in die koalisieregerings in Pretoria en Johannesburg.

Pin It on Pinterest

Share This